Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

  • Sny die brood in driehoekies en pak in die bereide bak.
  • Kook die pruime en suiker in ’n klein kas­trolletjie tot sag; voeg ’n bietjie water by indien nodig.
  • Stip van die compote oor die brood.
  • Klits die eiers, melk en amasi saam; geur na smaak met die sout en ’n bietjie neutmuskaat. Giet oor die broodmengsel.
  • Pak die gehalveerde pruime bo-op en sprinkel ’n bietjie suiker oor. Bak sowat 40 min. of tot gaar. 
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die vla.