Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n middelslagbakplaat met kossproei.

  • Meng al die bestanddele buiten die deeg goed in ’n bak en plaas eenkant. 
  • Rol die deeg uit tot sowat 5 mm dik en sny in repe van 2 cm breed.
  • Vir afronding: Verf die deeg met die helfte van die bottermengsel. Draai elke reep, pak op ’n bakplaat en druk die punte op die plaat vas. Strooi die parmesaan oor en bak 10-12 min. of tot goudbruin.
  • Haal uit die oond en verf met die res van die bottermengsel.