Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Deeg: Sit die meel, suiker, sout en suurlemoen- skil in die bak van ’n voedselverwerker. Pols tot gemeng. Voeg die botterblokkies by en pols tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
  • Voeg die eiergeel by en pols tot die deeg ’n bal om die lem van die voedselverwerker vorm.  As die deeg te krummelrig is, voeg ’n bietjie yswater by. Keer uit en druk liggies saam. Bedek met kleefplastiek en verkoel 30 min. of tot nodig in die yskas.
  • Vir afronding: Rol die deeg ongeveer 3 mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Sprinkel die sout oor en druk in vorms van jou keuse met ’n koekiedrukker uit. (Jy kan die deeg ook net in blokkies of vingers sny met ’n mes.)
  • Pak die kruieblare op die deegvorms en druk liggies vas. Pak op die bereide bakplaat en bak 15-20 min. of tot ligbruin en gaar.
  • Laat 5 min. op die bakplaat afkoel en pak dan op ’n draadrakkie. Laat heeltemal afkoel en pak in ’n lugdigte houer tot benodig.