Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 12 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei.

  • Muffins: Sit die botter in ’n kastrolletjie en verhit oor lae hitte tot gesmelt. Wanneer die botter gesmelt is, verhit tot dit begin verbruin – wees versigtig dat die botter nie brand nie. Haal van die hitte af.
  • Giet die verbruinde botter in ’n mengbak en voeg die suiker by. Klits met ’n elektriese handklitser tot gemeng. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy aanhoudend klits.
  • Klits die fyn piesang by. Sif die meel en sout oor die mengsel en meng met ’n houtlepel tot net gemeng.
  • Verdeel die beslag tussen die muffinpanholtes. Bak 18-20 min. of tot die muffins goudbruin en gaar is. Laat 5 min. in die pan afkoel en keer versigtig uit die pan uit. Laat verder op ’n draadrakkie afkoel.
  • Vir afronding: Sit die muffins voor saam met die piesangskyfies, jogurt, heuning en kaneel, indien verkies.