Bêremengsel

Meng die droë bestanddele in ’n mengbak en meng goed. Skep in ’n bruinpapier- of sellofaansak en maak stewig toe.

Om te bak

Plaas die meelmengsel in die bak van ’n menger en sit die K-hoek aan. Voeg die
water by en meng 10 min. tot ’n slap deeg vorm. Bedek en laat 4 uur rys.

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat. Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Werk sagkens; jy wil nie die borrels verloor nie.

Deel die deeg versigtig in twee met ’n deeg­skraper en plaas ver uitmekaar op die bakplaat. Bak 20-30 min. of tot goudbruin. Sit voor saam met die saadkonfetti (onder) en olyfolie.

SAADKONFETTI

LEWER 375 ml (1½ k)
BEREIDING: 10 MIN.

  • 80 ml (¹⁄³ k) sesamsade
  • 20 ml (4 t) komynsade of
  • 10 ml (2 t) fyn komyn
  • 250 ml (1 k) geroosterde grondbone
  • 5 ml (1 t) fyn koljander
  • 5 ml (1 t) paprika
  • 5 ml (1 t) geelsuiker (opsioneel)
  • 2,5 ml (½ t) sumak
  • 10 ml (2 t) soutvlokkies

Droogrooster die sesam- en komynsade in ’n pan tot dit liggies verbruin het en die komyn­sade geurig is.

Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Kap effens fyner met ’n stamper in ’n vysel indien verkies.

Verpak in ’n lugdigte houer. Sit voor saam met die ciabatta en olyfolie.