10 min.
1
45 min. – 1 uur
Bestanddele
- 500 ml (2 k) meel
- 7,5 ml (1½ t) droë suurdeeg
- 1,25 ml (¼ t) sout
- 10 ml (2 t) suiker
- 160 ml (²/3 k) louwarm water
- Vir voorsit
- boerewors, gaar
- chakalaka
Metode

- Meng die droë bestanddele in 'n bak. Voeg die water in 'n stadige stroom by om 'n sagte deeg te skep.
- Plaas die deeg op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie 5 min. of tot ferm. Plaas dan in 'n gesmeerde bak en laat rys 40 min. op 'n warm plek.
- Knie die deeg af en plaas in 'n emalje- of glasbak.
- Plaas die emalje- of glasbak in 'n groot kastrol met warm water – genoeg om tot die helfte aan die buitekant van die bak te kom. Plaas die kastrol met die bak daarin oor matige hitte en laat prut 1 uur of tot 'n toetspen skoon uitkom.
- Vir voorsit: Haal die brood uit die kastrol en laat dit afkoel voor jy dit sny. Sit voor saam met die boerewors en chakalaka.
- Stilering: Esther Malan
- Foto: Misha Jordaan
Kom neem deel aan die gesprek
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET