Voorverhit die oond tot 170 °C. Bespuit 12 holtes van 'n muffinpan met kossproei of voer dit uit met papiervormpies.

  • Meng die meel, semels, bakpoeier, sout, kaneel en suiker in 'n groot bak.
  • Klits die eiers, olie en amasi of karringmelk saam in 'n ander bak.
  • Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en klits tot net gemeng. Roer die gehalveerde druiwe deur.
  • Skep die beslag in die muffinholtes en pak die neute en nog druiwe bo-op indien verkies. Bak 10-15 min. of tot gaar. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.