Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 'n groot bakplaat met bakpapier uit.

  • Blatjang: Verhit die olie in 'n diep pan en roerbraai die uie tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Laat die blatjang ongeveer 40-45 min. oor lae hitte prut of tot dit dik en stroperig is.
  • Bottel die blatjang warm in 'n gesteriliseerde fles, seël en laat heeltemal afkoel – of laat afkoel, bêre in die yskas en gebruik binne drie weke.
  • Beskuitjies: Sit alles buiten die botter en eiergele in 'n voedselverwerker. Pols tot gemeng.
  • Voeg die botter by en pols tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die eiergele by en pols tot die deeg om die lem begin vaskleef. Keer die deeg uit, bedek met kleefplastiek en verkoel 30 min.
  • Rol die deeg 2 mm dik op 'n meelbestrooide oppervlak uit en sny of druk dit in vorms uit met 'n koekiedrukker. Pak die beskuitjies op die bakplaat en bak 10-12 min. of tot ligbruin om die kante. Laat afkoel en sit voor saam met die blatjang.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.