Voorverhit die oond tot 170 °C. Bespuit ’n tertpan van 23 cm goed met kossproei.

  • Krummel Meng die meel, suiker en kaneel in ’n mengbak. Vryf die botter in en meng tot ’n deeg vorm. Voeg ’n klein bietjie kookwater by as die deeg te droog is. Bedek met kleefplastiek en verkoel in die yskas tot nodig.
  • Tert Klop die botter en suiker saam in die bak van ’n staanmenger. Voeg die eiers, vanielje en suurlemoensap by en klits goed. Voeg die res van die bestanddele buiten die appelkose by en klits tot ’n gladde beslag. Smeer die beslag in die tertbak en pak die appelkose styf teen mekaar bo-op die beslag. Rasper die krummel oor die tert en bak 40-45 min. of tot goudbruin en gaar. 
  • Vir afronding Sit warm of koud voor saam met geklopte room indien verkies.