Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondpan goed met kossproei.

  • Meng die kookwater en suiker tot die suiker opgelos is. Voeg die olie by en meng goed.
  • Meng die res van die bestanddele in ’n groot bak, maak ’n holte in die middel en voeg die watermengsel by. Meng goed.
  • Skep in die oondpan, maak gelyk en bak 25 min. Verlaag die hitte tot 160 °C en bak nog 15 min. of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom.
  • Keer op ’n draadrakkie uit, laat afkoel en breek in rowwe stukkies.
  • Pak in ’n enkellaag op ’n bakplaat en droog oornag uit by 100 °C. Bêre in ’n lugdigte houer.

Die beskuit word vinnig-vinnig met kookwater, bruinmeel en heelwat semels gemaak en sommer in ’n oondpan gebak.