Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n ronde losboomkoekpan met kossproei. 

  • Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en spinasie daarin tot sag en verwelk. Plaas in ’n kolander en druk die meeste van die vog uit.
  • Voeg die kruie en suurlemoenskil by.
  • Klits die kase en eiers saam. Roer die kruiemengsel by en geur met sout en peper.
  • Voer die koekpan met 5 lae filodeeg uit.
  • Skep die vulsel in; vou die oorhangfilodeeg weer halfpad oor die vulsel.
  • Bak sowat 30 min. of tot mooi goudbruin bo-op en gestol.
  • Afronding: Ontvorm op ’n dienbord, sprinkel basilieblare oor indien verkies en sit louwarm voor saam met piekeltamaties as jy wil.