Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  • Vulsel: Verhit die olie en botter in ’n diep pan en roerbraai die knoffel en gemmer tot sag.
  • Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig. Roer die tamatiepasta en hoender by en roerbraai tot die hoender gaar is.
  • Giet die room by en laat oor ’n lae hitte prut tot die mengsel amper heeltemal drooggebraai is.
  • Roer die koljanderblare deur en geur met die sout. Skep uit en hou eenkant om af te koel.
  • Samoesas: Halveer die velle deeg in die lengte af. Skep ’n opgehoopte lepel vulsel in die hoek van een van die velle deeg. Verf van die botter om die kante en vou oor in ’n driehoek. Hou aan vou tot heel bo en seël dan die punte met nog botter.
  • Herhaal met die res van die deeg en vulsel. Verf die samoesas bo-op met die botter en besprinkel met die mosterdsaadjies, indien gebruik.
  • Pak die samoesas op die bereide bakplaat en bak 15-20 min. of tot goudbruin en bros.
  • Raita: Meng die bestanddele goed en sit voor saam met die samoesas.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.