Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit 6 holtes van ’n diep muffinpan goed met kossproei.

  • Druk ’n sny brood in elke muffinholte.
  • Maak die helfte van die spek gaar en kap op. Sprinkel ’n bietjie daarvan oor die brood in elke muffinholte. Plaas nog ’n sny brood bo-op.
  • Rol die res van die spek­repies op en plaas ’n rolletjie bo-op elke broodbakkie.
  • Klits die eiers en die res van die bestanddele saam en giet oor die broodbakkies. Laat staan 30 min. en bak 20-30 min. of tot die eier­mengsel gaar is.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die piesang en stroop.