Voorverhit die oond tot 200 ºC.

  • Sny die kwepers of pere in skywe en plaas in die suurlemoenwater om te verhoed dat dit verkleur.
  • Plaas die vrugte en suurlemoenwater in ’n oondpan. Voeg die speserye, lemoenskil, vanieljepeul en suiker by.
  • Bedek met tinfoelie en bak ’n uur tot sag. Ver­wyder die tinfoelie en bak nog 8 min. of tot die suiker effens begin ka­ramelliseer. Pasop dat dit nie aanbrand nie.
  • Sit voor saam met ­crème fraîche of roomys.