Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondvaste bak met kossproei.

  • Sout die eiervrug en laat staan sowat 30 min. om die meeste van die vloeistof uit te trek. Spoel af en druk goed droog.
  • Rol in die koekmeel en braai in die olyfolie tot bruin.
  • Braai die res van die groente in die olie tot net effe sag maar nog baie bros.
  • Meng die knoffel met die passata.
  • Pak ’n laag eiervrug in ’n oondvaste bak, skep sowat 3-4 lepels van die passatamengsel oor en sprinkel van die basilie­blare en mozzarella oor. Herhaal die lae met die res van die groente, passata, basilie en mozzarella. 
  • Sprinkel die pecorino en broodkrummels oor die laaste laag en bak sowat 45-60 min. of tot bruin bo-op.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!