Voorverhit die oond tot 160 °C.

Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kossproei.

  • Koekies: Klop die botter, suiker en gouestroop saam tot romerig. Voeg die water by en klits glad.
  • Sif die koekmeel, bakpoeier en sout oor die mengsel en meng tot ’n deeg vorm. Verkoel minstens 15 min.
  • Bestrooi ’n werkoppervlak met meel en rol die deeg sowat 2 mm dik uit. Druk vormpies soos verkies. Druk gaatjies in die vormpies sodat daar ’n opening in die middel van elke koekie is.
  • Vir afronding: Sorteer die lekkers volgens kleur en maal elke kleur apart met ’n stamper in ’n vysel fyn, of pols die lekkers apart fyn in ’n voedselverwerker. 
  • Pak die koekies versigtig op die bereide bakplate en vul die opening van die koekies met die fyngemaalde lekkers.
  • Bak die koekies 8-10 min. of tot die lekkers gesmelt is en die koekies strooikleurig is.
  • Laat die koekies afkoel. Haal versigtig van die bakpapier af en bêre in ’n lugdigte houer.