Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer drie groot bakplate met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Plaas die botter, goue­stroop en bruinsuiker in die bak van ’n elektriese klitser. Klits tot glad en romerig.
  • Voeg die eier by en klits tot goed gemeng.
  • Sif die res van die bestanddele oor die bottermengsel en klits tot net gemeng.
  • Keer die koekiedeeg uit, druk in ’n bal en bedek met kleefplastiek. Verkoel minstens 30 min.
  • Rol die koekiedeeg in okkerneutgrootte-balletjies en pak op die bereide bakplate. Druk die balletjies met ’n vurk plat.
  • Bak die koekies in sarsies 7-10 min. of tot gaar. Haal versigtig van die bakplaat af en laat op ’n draadrakkie afkoel. 
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die gemmer, indien verkies. Berg in ’n lugdigte houer.