Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 4-6 klein oondbakkies of 1 middelslag-oondbak met kossproei.

  • Meng die bruismeel, bakpoeier en sout in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel en hou eenkant.
  • Klits die mielies, ­eiers, melk en botter­skorsie liggies saam in ’n ander mengbak. Giet die mengsel in die holte van die droë bestanddele en meng goed met ’n houtlepel.
  • Skep die beslag in die bereide oond­bakkies of oondbak en bak 30-35 min. in die verhitte oond of tot gaar en gestol.
  • Vir voorsit: Pak die spek op die mielietert en sprinkel koljanderblare oor, indien verkies. Sit die tert warm voor as ’n bykos.

Wenk: Pleks daarvan om die spek en die ­koljanderblare bo-op die tert te pak, kap dit rofweg op en meng dit by die beslag in vóór dit gebak word. 

Mielietert is ’n ou gunsteling! Beproef hierdie weergawe met botter­skorsie.