Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 3 middelslagbroodpanne of bespuit met kossproei.

  • Meng al die droë bestanddele goed. Voeg die rosyne by. 
  • Meng die karringmelk en water of melk en voeg by. Meng goed en skep in die panne. 
  • Sprinkel die pitte en sade oor en bak sowat 1¼ uur of tot dit hol klink wanneer daarop geklop word. Bedek die laaste 20 min. as dit te donker raak. 
  • Laat afkoel op draadrakkies.

Ek het die resep ­opgediep uit ons vroegste resepte en maak dit nou weer gereeld; dit vries ook goed. Selfs Jacques Erasmus, die sjef van die Hemelhuijs-­restaurant in Kaapstad, het onlangs die resep gevra.