Smeer ’n emaljebak met botter of margarien.

  • Plaas die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is, knie die pitmielies daarby in en plaas dit in die gesmeerde bak. Bedek en laat 10-15 min. rys. 
  • Giet water in ’n groot kastrol en plaas die gesmeerde bak binne-in. Sorg dat die water nie aan die deeg raak nie.
  • Plaas die kastrol se deksel op en stoom die brood 30-40 min. of tot gaar; ’n toetspen moet skoon uitkom wanneer dit in die middel van die brood gesteek word.
  • Sit voor saam met die chakalaka.