Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 28 x 18 cm-oondpan met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Brownies: Giet die kookwater oor die dadels en laat staan 30 min. Gooi die kookwater af en skep die dadels in die bak van ’n voedselverwerker. Pols tot fyn en glad.
  • Sit die sjokolade in ’n mikrogolfvaste glasbak en verhit 30 sek. in die mikrogolf. Roer goed en verhit nog 30 sek. Roer tot al die sjokolade gesmelt is. Indien nodig, verhit nóg 30 sek.
  • Giet die sjokolade en grondboontjiebotter in die voedselverwerker by die dadels en pols tot gemeng.
  • Voeg die eiers by en pols tot gemeng. Voeg die klappermeel en sout by en meng. Skep die beslag in die oondpan en pak nog dadels op indien verkies.
  • Bak 25-30 min. of tot ’n toetspennetjie skoon uit die middel van die gebak kom. Haal uit en laat 30 min. in die bakplaat afkoel.
  • Vir voorsit: Keer versigtig uit en laat verder heeltemal afkoel. Sny in blokke en sit net so of saam met dikroom-jogurt of roomys voor.