• Tert: Smeer ’n platboompot.
  • Klits die botter, water, eiers en suiker saam.
  • Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die klapper by en meng.
  • Voeg die meelmengsel by die bottermengsel en meng goed.
  • Skep die beslag in die pot. Plaas die deksel op en bak ongeveer 40 min. oor stadige kole.
  • Stroop: Laat die suiker en water 5 min. saam kook.
  • Giet die stroop oor die warm tert.
  • Sit die tert louwarm of koud voor saam met vla.

Wenk: Wanneer jy ’n gereg in ’n pot bak, sit twee derdes van die kole op die deksel en een derde van die kole onder die pot. Dit help om die ­hitte egalig te hou en voorkom dat die gebak brand. Moenie die pot direk op die kole plaas nie. Plaas dit op ’n staander of rooster oor die kole.

Dié heerlikheid is deur die Bourbon Street-span gemaak.