Voorverhit die oond tot 180 °C.

Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.

  • Vulsel: Verhit die olie in ’n diep pan en braai die spek tot bros. Skep die spek uit en braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot sag. Skep die spek terug in die pan.
  • Voeg die aartappelblokkies en 60 ml (¼ k) water by. Sit ’n deksel op die pan en stowe tot die aartappels amper sag is – roer af en toe om te verhoed dat die aartappels vasbrand.
  • Voeg die groenboontjies by en stowe tot heldergroen en gaar en tot die vloeistof weg­gebraai is. Strooi die meel oor die groente en roer deur. Voeg die aftrekselpotjie by en roer deur. Voeg die jogurt by en roer tot die vulsel verdik. Geur met die swartpeper en sout.
  • Skep die vulsel uit die pan en hou eenkant om heeltemal af te koel.
  • Kors: Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Sny in 16 vierkante. Skep van die vulsel in die middel van elke vierkant. Vou die deeg om die vulsel en knyp vas. Sny ’n gleufie aan die bokant van elke pastei.
  • Pak die pasteie op die bakplaat en verf met die eier. Bak 20-25 min. of tot die deeg goudbruin en gaar is.