Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 23 cm-­losboomkoekpan en voer dit uit met bakpapier. Bespuit weer en stuif met koekmeel.

  • Koek: Klits die suiker, olie en eiers saam.
  • Sif die droë bestanddele saam.
  • Meng die beet en pyn­appel by die eiermengsel in. Voeg die droë bestanddele by en vou in. Vou die amandels, neute, klapper, suurlemoenskil en kruie in.
  • Skep die beslag in die pan en bak sowat 25-30 min. of tot ’n toets­pen skoon uit die middel kom. Keer op ’n draadrakkie uit en laat heeltemal afkoel.
  • Versiersel: Meng die maaskaas en versiersuiker tot glad en smeer oor die bokant van die koek.
  • Afronding: Plaas die koolblare op ’n bord en sit die koek binne-in. Versier met die wortels, bete en radyse en stapel die tiemie en aarbeiblommetjies bo-op. Besprinkel met die pistachioneute en sif die versiersuiker bo-oor die koek.