Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Klits die margarien en grondboontjie­botter saam met ’n elektriese klitser. Voeg die xilitol by en klits goed.
  • Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Klits die vanielje by.
  • Voeg die amandel-, klapper- en koekmeel asook die koeksoda en sout by. Meng met ’n houtlepel tot heeltemal gekombineer.
  • Skep eetlepels vol (15 ml) van die beslag op die bakplaat en druk liggies platter met ’n vurk. Sprinkel die sjokolade oor en bak 15 min. of tot gaar.
  • Laat die koekies 10 min. op die bakplaat afkoel, haal versigtig af en laat nog afkoel op ’n draadrakkie. Bêre in ’n lugdigte houer.