Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 32 x 28 cm-­bakplaat met bakpapier uit. 

  • Rollade: Sif die helfte van die strooisuiker en al die kakaopoeier saam en hou eenkant. Klits die eier­witte en kremetart tot sagte punte vorm. Voeg die oorblywende strooi­suiker lepel vir lepel by en klits tot styf en glansend. 
  • Vou die vanieljegeursel en kakaomengsel in. Skep die mengsel in die bereide pan en sprei egalig uit. Bak 15-20 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. 
  • Strooi: strooisuiker oor ’n groot stuk bakpapier en keer die rol uit. Laat effens afkoel. Trek die bakpapier af wat op die bakplaat was, sny die kante netjies af en rol met die tweede stuk bakpapier op. Laat heeltemal afkoel.
  • Vulsel: Rol die koek oop, smeer die grondboontjiebotter op die koek, en daarna die konfyt en vars frambose. Rol die koek weer op en sny in skywe. Sif die kakaopoeier oor en sit voor. 
Wenk
Die koek sal taamlik oppof terwyl dit bak, maar weer afsak wanneer dit eers in die bakpapier gerol is.