20 min.
8 minibroodjies of 12 muffins
20-25 min.
Bestanddele
- 80 ml ( k) olie
- 2 eiers
- 125 ml (½ k) heuning
- 60 ml (¼ k) natuurlike jogurt of karringmelk
- 5 ml (1 t) vanielje
- 2 groot of 3 kleiner ryp piesangs, fyngedruk
- 60 ml (¼ k) fyn klapper
- 325 ml (1 k) koekmeel
- 2,5 ml (½ t) koeksoda
- 2,5 ml (½ t) sout
- 80 ml ( k) gladde grondboontjiebotter
- 100 g grondboontjies, opsioneel
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 8 minibroodpannetjies of 10-12 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei.
- Plaas die olie en eiers saam in ’n mengbak en klits ’n minuut. Voeg die heuning, jogurt of karringmelk, vanielje, piesangs en klapper by en klits tot goed gemeng.
- Haal die klitser uit en plaas ’n sif oor die mengsel. Sif die meel, koeksoda en sout oor en meng met ’n houtlepel tot net gemeng. Skep 250 ml (1 k) van die mengsel uit in ’n ander kleiner mengbakkie.
- Verdeel die res van die beslag tussen die broodpannetjies of muffinpanholtes.
- Meng die orige beslag goed met die grondboontjiebotter. Skep’n lepel van die grondboontjiemengsel bo-op die ander beslag en meng liggies deur. Sprinkel die grondboontjies bo-oor indien verkies.
- Bak die broodjies/muffins 20-25 min. of tot goudbruin en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die broodjies/muffins kom. Keer versigtig uit die panne en laat verder heeltemal afkoel op ’n draadrakkie. Bêre in ’n lugdigte houer.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET