15 min.
8
30-45 min.
Bestanddele
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 250 g dadels
- 180 ml (¾ k) warm rooibostee
- 250 ml (1 k) hawermout
- 180 ml (¾ k) klapper
- 250 ml (1 k) klipgemaalde witbroodmeel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 5 ml (1 t) kaneel
- ’n knippie sout
- 250 ml (1 k) grondbone
- 30 ml (2 e) kanolaolie
- 60 ml (¼ k) bruinsuiker of heuning
- 60 ml (¼ k) grondboontjiebotter sonder suiker of sout
- 2 eiers
- droë klapperskyfies vir bo-op
- VIR VOORSIT
- grondboontjiebotter gemeng met ’n bietjie heuning
- vars bessies (opsioneel)
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die holtes van ’n muffinpan goed of voer uit met papierbakkies.
- Sprinkel koeksoda oor die dadels, giet warm rooibostee oor en laat afkoel.
- Meng die droë bestanddele en voeg die grondbone by.
- Klits die olie, suiker of heuning, grondboontjiebotter en eiers saam. Voeg by die droë bestanddele en meng.
- Skep in die voorbereide muffinholtes, pak klapperskyfies bo-op en bak tot goudbruin en ferm.
- Vir voorsit: Halveer die muffins en smeer van die grondboontjiebotter oor. Rond af met vars bessies indien verkies.
KITSBESSIEKONFYT
Kook ’n paar bessies saam met ’n bietjie heuning of suiker in die mikrogolfoond tot dit sag is en die meeste vloeistof verdamp het. Smeer ’n bietjie grondboontjiebotter of maaskaas oor die muffins en smeer van die konfyt oor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET