Voer ’n blikbord met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

  • Plaas die helfte van die hawermout in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
  • Meng al die bestand­dele asook die fyngemaakte hawer goed en skep in die bereide pan. Bedek met kleefplastiek en verkoel oornag in die yskas.
  • Voorverhit die oond tot 180 °C. Bak 40-45 min. of tot deurgaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die skons kom.
  • Laat 10 min. in die pan afkoel. Keer uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.

Vir voorsit

  • Sny die skons in porsies. Sit voor saam met die maaskaas en vars kruie.