Voorverhit die oond tot 200 °C en hou ’n pastei- of oondbak byderhand.

  • Geur die beesvleis goed met die sout en peper. Plaas die vleis in ’n marineerbak en giet die amasi oor. Plaas die knoffel tussen die vleis en meng alles goed. Bedek en hou oornag in die yskas.
  • Vulsel: Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die uie en knoffel tot geurig. Voeg die seldery, wortels en lourierblare by en roerbraai 5 min.
  • Haal die vleis uit die marinade en voeg by die groente in die kastrol. Sprinkel die meel oor en meng deur.
  • Giet die aftreksel oor en voeg die speserye by. Giet die water by en bring tot kookpunt.
  • Verlaag die hitte en laat die vleis 1 uur stadig kook of tot die vleis sag is. Haal die vulsel van die stoof af en verwyder enige bene. Geur met nog sout en peper, indien verkies.
  • Pastei: Skep die vulsel in die bak en bedek met die deeg. Verf die deeg liggies met die eiergeelmengsel. Maak ’n gleufie in die deeg en bak 25-30 min. of tot goudbruin en gaar.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.