Ciska Rossouw van Loaves by Madame Baker in Soutrivier, Kaapstad, is so geesdriftig oor die wonders van natuurlike suurdeeg dat sy selfs die “sourdough whisperer” genoem word.
Die kook-en-bakliefde kom van haar ouma Kleintjie (Dorothy Frances Ferreira) wat haar kleintyd toegelaat het om die deeg voor die vuur te “cuddle” voor dit gebak is.
George Jardine van Jordan Bakkery op Stellenbosch is haar sjefsmentor, vertel Ciska. Sy het nou haar eie bakkery.
Dit was voorheen in Langstraat, Kaapstad, maar deesdae bedryf sy dit uit die nuwe byderwetse koskern, Salt Orchard in Briarstraat, neffens die besige Soutrivier-hoofstraat.
Sy lewer pragbrode oor die hele Kaapse Skiereiland en in die Wynlande af. Sy bied ook broodbakkursusse aan, wat nou eers net aanlyn is tot tyd en wyl mense weer by die bakkery kan inval om saam met haar deur die wonders van suurdeeg betower te word.
1. DIE KWEEK VAN ’N SUURDEEGPLANTJIE
2. SUURDEEGBROOD
3. PEER-ROGBROOD
4. PRETZELS
5. SUURDEEGBAGUETTES
6. SUURDEEGGRANOLA
7. SUURDEEGPLAATKOEKIES
8. SUURDEEGCINNABUNS
Die voordele van suurdeegbrood
- Suurdeeg is ryk aan probiotika, en omdat dit reeds gedeeltelik gefermenteer is, is dit goed vir die ingewande. Suurdeegbrood het ’n laer glukemiese indeks, want die suurdeeg vertraag die vertering van stysel.
- Suurdeegbrood het van nature ’n langer raklewe as kitsgisbrood, en die smaak verbetermettertyd.
- Gaan na www.loaves.co.za vir nog inligting.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET