1. AARBEI-OLIEBOLLE

Oliebolkettingwinkels skiet oral op en tuisbakkers beproef ál meer hul eie weergawes van dié lekkerny. Gebruik ’n basiese deegresep en vul of versier jou oliebolle na hartelus! 

webresepte,gebak
Foto: Misha Jordaan

2. MIDDE-OOSTERSE SKUIMPIES

Geure uit die Midde-­Ooste word ál meer in gebak gesien. Rooswater en pistasieneute maak nie net hierdie gebak heerlik nie; dit maak dit ook prentjiemooi.

webresepte,gebak
Foto: Misha Jordaan

3. GROENTEBROWNIES

Gesonder is beter! Groente in gebak kom ál meer in gewilde resepte voor. Hierdie brownies is heerlik.

webresepte,gebak
Foto: Misha Jordaan

4. BROSBROOD MET SUURLEMOEN, SEESOUT EN BASILIE

Suid-Afrikaners is gek oor soet-en-sout-kombinasies en die res van die wêreld het ook dié trend in hul gebak aangeneem. Hierdie beskuitjies werk heerlik op ’n kaasbord.

webresepte,gebak
Foto: Misha Jordaan

5. BRUINBOTTER-PIESANGMUFFINS

Bruinbotter verleen ’n neuterige geur aan gebak. Kosfoendi’s oor die wêreld het begin om hierdie geur in hul gebak vas te vang. Ons gebruik bruinbotter in piesangmuffins.

webresepte,gebak
Foto: Misha Jordaan

6. BLOMME-FOCACCIA

Jy het nie altyd verf en ’n kwas nodig om ’n kunswerk te skep nie. Garneer jou focacciabrood met kruie en gesnyde groente om jou volgende gebak prentjiemooi te maak.

webresepte,gebak
Foto: Misha Jordaan

7. KANEELROLLETJIES MET SJOKOLADESPLINTERS

’n Baksel wat tydens die inperking baie gewild was, is kaneelrolletjies. Ons weergawe lewer veerligte rolletjies op wat met sjokoladesplinters gespikkel is.

webresepte,gebak
Foto: Misha Jordaan

8. SAKPAS-PLAATKOEK

Plaatkoeke was eens op ’n tyd baie gewild, maar moes toe die tweede plek agter flambojante stapelkoeke inneem. Eindelik het hierdie gunsteling weer sterstatus bereik.

webresepte,gebak
Foto: Misha Jordaan

Ons gebruik een van Huisgenoot se gunstelingresepte – hierdie resep is eierloos en gebruik slegs ’n bietjie olie pleks van botter. Dis dus ’n regte sakpas wenner.