Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en bespuit met kossproei. Sprinkel ’n hand vol hawermout oor.

  • Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die uie tot sag. Sprinkel die suiker oor en braai tot effens gekaramelliseer. Skep uit en hou eenkant.
  • Meng die droë bestanddele.
  • Klits die olyfolie en karringmelk saam.
  • Meng die karringmelkmengsel liggies by die droë bestanddele in. Vou die kaas en die helfte van die uie in.
  • Druk die deeg op die bereide bakplaat vas in ’n rowwe sirkel, druk die oorblywende uie bo-op vas en bak 30-35 min. of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom. Maak die brood vir die laaste 5 minute met tinfoelie toe as dit begin donker bak, maar nog nie deurgebak is nie.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die botter en kaas en ’n avokadosalsa, indien gebruik.