Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer 2 groot bakplate uit met bakpapier.

  • Koekies: Klop die botter en suiker in die bak van ’n elektriese menger saam tot romerig.
  • Voeg die eier en vanielje by en klits tot goed gemeng.
  • Voeg die res van die bestanddele by en klits tot net gemeng. Skraap die deeg uit die bak en vorm ’n bal. Bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 30 min.
  • Bestrooi ’n werkoppervlak goed met meel en rol die deeg ongeveer 3 mm dik uit. Druk vierkantige (of enige ander vorm van jou keuse) koekies uit die deeg en pak effens uitmekaar op die bereide bakplate. Herhaal tot al die deeg opgebruik is.
  • Vir afronding: Druk ’n stukkie glanskersie in die middel van elke koekie. Bak die koekies 12-15 min. of tot strooi­kleurig en gaar.
  • Laat die koekies op ’n draadrakkie afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.