20 MIN.
1 KOEKBROOD
30-40 MIN.
Bestanddele
- VRUGTEBOLAAG
- 250 ml (1 k) vrugtebessietee of Turkselekker-tee (gemaak van 3 sakkies)
- 60 ml (¼ k) strooisuiker
- 2 lospitperskes, in skywe gesny
- KOEK
- 5 eiers, geskei
- 180 ml (¾ k) strooisuiker
- 180 ml (¾ k) natuurlike jogurt
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 500 ml (2 k) klapper
- VERSIERSEL
- 230 g geroomde maaskaas
- 30 ml (2 e) versiersuiker
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n klein broodpan of 20 cm-Bundtpan goed met kossproei. (Voer die broodpan uit met bakpapier.)
Vrugtebolaag
- Kook die tee en strooisuiker tot effens stroperig, voeg die vrugte by en bring net weer tot kookpunt. Laat in die stroop afkoel.
Koek
- Klits die eiergele en strooisuiker tot lig.
- Roer die jogurt en suurlemoenskil in. Vou die klapper in.
- Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou by die mengsel in.
- Skep die beslag in die voorbereide pan en bak 30-40 min. of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat afkoel in die pan en keer dan uit op ’n draadrakkie oor ’n bord.
- Druk gaatjies in die koek met ’n toetspen, giet van die vrugtestroop oor en laat intrek.
Versiersel
- Meng die geroomde maaskaas en versiersuiker en skep bollings daarvan op die koek. Stapel die vrugte bo-op. Giet die orige stroop oor.
Wenk
Vir stroop: Voeg 15 ml (1 e) rooswaterstroop by 250 ml (1 k) kookwater pleks van die tee.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET