Voorverhit die oond tot200 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit enbespuit met kossproei.

  • Saadbeskuitjies: Meng die saadjies, klappermeel, sout en kruie goed in ’n groot bak.
  • Klits die eierwitte tot lig en skuimerig. Meng by die saadjiemengsel in.
  • Skep die mengsel op die bakplaat en druk plat. Bak 20-25 min. of tot ligbruin. Sodra die beskuitjies uit die oond kom, sny in blokke of stafies en laat heeltemal afkoel.
  • Vir voorsit: Sit die beskuitjies voor saam met die hummus en kruie of bêre dit in ’n lugdigte houer.