Voorverhit die oond tot 190 °C.

  • Meng die meel, sout, kitsgis en strooisuiker in ’n mengbak.
  • Voeg net genoeg warm water by om ’n stywe deeg te vorm.
  • Knie goed tot glad en elasties en bedek dan die bak.
  • Plaas dit op ’n warm plek tot dit rys tot dubbel die volume.
  • Smeer intussen ’n koekpan met botter.
  • Plaas ’n oondvaste bakkie in die middel.
  • Smelt die botter, olyfolie, roosmaryn en knoffel saam.
  • Breek stukkies deeg af en vorm bolletjies.
  • Druk elke bolletjie eers in die knoffelbotter en pak dit dan al in die rondte in die pan.
  • Verf die bolletjies met nog knoffelbotter.
  • Laat weer rys tot dubbel die volume.
  • Bak sowat 35-40 min. of tot die bolletjies gaar is en ’n toetspen skoon uitkom.
  • Verwyder die bakkie uit die middel, plaas die camembertkaas daar, sprinkel ekstra knoffel en roosmaryntakkies oor en plaas terug in oond tot die camembert net gesmelt is, sowat 8 min.
  • Geniet die knoffelbolletjies saam met die gesmelte camembert.