Bespuit ’n paar bakplate met kossproei.

  • Meng die suiker, melk en water in ’n groot ­beker tot die suiker ­opgelos is – die mengsel moet net louwarm wees. Sprinkel die gis oor en meng goed. Bedek en laat staan 30 min. of tot ’n dik skuimlaag op die oppervlak vorm.
  • Voeg die botter, karamel en eiers by en klits tot goed gemeng.
  • Meng die meel, sout, kaneel en suurlemoen­skil in ’n groot bak. Maak ’n holte in die middel en giet die gismengsel by. Meng met ’n vurk tot die deeg begin saamkleef.
  • Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie 10 min. of tot die deeg sag, elasties en nie meer klewerig is nie. Vorm ’n bal en sit die deeg in ’n gesmeerde bak. Bedek en laat 2½ uur op ’n warm plek rys of tot dubbel in grootte.
  • Verhit die oond tot 180 °C. Knie die deeg liggies af en verdeel in agt gelyke stukke. Verdeel elke stuk deeg in drie en rol elke stukkie deeg in ’n slangetjie. Vleg die slangetjies en sny in 5 cm-stukke. Seël die punte goed, pak op die bereide bakplaat en verf liggies met die melk.
  • Bak 20-25 min. of tot goudbruin en gaar. Verlaag die oondtempera­tuur tot 60 °C en sit die oondwaaier aan.
  • Pak die beskuit in ’n enkellaag op die oond­rakke en laat 6-7 uur of oornag uitdroog. Haal die beskuit uit die oond uit, laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.