Voorverhit die oond tot 170 °C.

Bespuit ’n vierkantige 20 cm-koekpan of oondbak met kossproei.

  • Plaas die botter en sjo­kolade in ’n kastrol en verhit oor lae hitte tot gesmelt.
  • Meng die suiker en eiers.
  • Voeg die sjokolademengsel by die eiermengsel en klits goed.4 Meng die droë bestanddele in ’n ander mengbak en sif oor die sjokolademengsel. Meng met ’n houtlepel en skep in die koekpan of oondbak.5 Bak 35 min. of tot gaar.6 Stroop Meng al die bestanddele goed en giet oor die brownies. Laat in die pan afkoel.7 Afronding Sny die brow­nies in blokkies en rond af met die kersies en sjokolade, indien gebruik.