Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer twee groot bakplate met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Koekies: Klits die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die stroop, koffie en melk-en-koeksodamengsel by; klits tot goed gemeng.
  • Sif die meel en sout oor die bottermengsel en meng met ’n houtlepel tot ’n deeg vorm. Bedek met kleefplastiek; verkoel minstens 15 min.
  • Rol okkerneutgrootte-balletjies met die koekiedeeg en pak op die bereide bakplate.
  • Druk die koekies platter met ’n vurk of jou vingers en bak 10-12 min. of tot goudbruin en gaar. Laat 5 min. op die bakplaat afkoel. Pak op ’n draad­rak om nog af te koel.
  • Versiersel: Plaas al die bestanddele in ’n kastrolletjie. Verhit en roer aanhoudend tot die suiker opgelos het. Verwyder die mengsel van die hitte; laat 10 min. staan.
  • Klits die mengsel met ’n elektriese klitser tot koud en styf. Smeer van die versiersel op ’n koekie en plak 2 koekies bo-op mekaar. Herhaal met die res. Laat heeltemal afkoel. Bêre in ’n lugdigte houer.