Voorverhit die oond tot 170 °C. Bespuit ’n diep oondbak van ongeveer 30 x 20 cm goed met kossproei.

  • Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak. 
  • Voeg die suiker by en meng deur; maak ’n holte in die middel.
  • Klits die kookwater, olie, asyn en vanieljegeursel saam in ’n ander mengbak. Giet in die holte van die droë bestanddele; klits tot net gemeng. 
  • Giet die beslag in die bereide oondbak. Bak 30-35 min. of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
  • Koffiestroop: Verhit al die bestanddele vir die koffiestroop intussen saam in ’n kastrol; roer aanhoudend tot die suiker opgelos het. 
  • Haal van die hitte af sodra die suiker opgelos het.
  • Vir voorsit: Steek gaatjies in die poeding met ’n mes of sosatiestokkie. 
  • Giet die stroop oor die warm poeding. 
  • Sit die poeding warm of koud voor saam met die room en vars ment.