Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit.

  • Koekies: Sit die teesakkies in ’n beker en giet 60 ml (¼ k) kookwater oor. Laat staan eenkant.
  • Klop die botter en versiersuiker saam in die bak van ’n elektriese klitser tot romerig. Sif die koekmeel, mieliemeel en bakpoeier oor die bottermengsel en roer met ’n houtlepel tot gemeng.
  • Haal die teesakkies uit die water en giet die helfte van die tee saam met die vanielje by die koekiedeeg (hou die res van die tee eenkant). Meng goed tot ’n deeg vorm. Vorm ’n bal, bedek met kleefplastiek en verkoel 30 min.
  • Rol okkerneutgrootte- balletjies met die deeg en pak op die bereide bakplate. Druk die koekies plat met ’n vurk en bak 12-15 min. of tot strooikleurig en gaar.
  • Pak die koekies op draadrakkies en laat heeltemal afkoel.
  • Versiersel: Klits die suiker en botter saam. Voeg die suurlemoensap, orige tee, laventel en kleursel by en klits tot goed gemeng. Smeer die helfte van die koekies met die versiersel. Plak die ander helfte bo-op. Bêre in ’n lugdigte houer.