• Meelmengsel: Meng die droë bestanddele in ’n mengbak en meng baie goed.
  • Om te bak Plaas die meelmengsel in die bak van ’n elektriese staanmenger; sit die K-hoek aan. Voeg die water by en meng 10 min. tot ’n slap deeg vorm. Klop ander­sins 10 min. met ’n houtlepel. Bedek en laat 4 uur rus.
  • Voorverhit die oond tot 200 °C. Strooi ekstra meel op ’n oppervlak en keer die deeg daarop uit. Werk sagkens; jy wil nie die borrels verloor nie.
  • Deel die deeg versigtig in twee met ’n deegskraper en plaas ver uit mekaar op ’n gesmeerde bakplaat. Bak 20-30 min. of tot goudbruin. 
  • Vir voorsit: Pak die brood op ’n groot houtbord saam met die koue vleis, kaas, olyfolie en balsemieke asyn, asook vars vrugte en roketblare.