Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit 1 groot brood­pan (36 x 13 cm) en 1 middelslagbroodpan (20 x 10,5 cm) met kossproei.

  • Deeg: Meng die meel en sout. Voeg die anyssaad en kitsgis by en meng.
  • Meng die suiker, die helfte van die botter, die water en melk tot die botter gesmelt is. 
  • Voeg die melkmengsel by die meelmengsel. Meng en knie 10 min. tot glad en elasties. Knie die res van die botter in. Bedek en laat rus 15 min. op ’n warm plek.
  • Knie af en verdeel die deeg in ewe groot bolletjies (100 g vir die groot pan; 70 g vir die kleiner pan). Pak styf teen mekaar in die panne sodat dit nie na die kante van die panne rys nie. Bedek en laat rys tot dubbel die volume.
  • Voorverhit die oond tot 190 °C. Bak 10 min., verlaag die hitte tot 160 °C en bak nog 30-40 min. of tot ’n toetspen skoon uit die bolletjies kom.
  • Suikerwater: Meng die suiker en water en verf oor die warm kors. Laat staan sowat 5 min. en keer op ’n draadrakkie uit. (Sit louwarm voor saam met botter.)
  • Laat heeltemal afkoel. Breek in bolletjies en droog uit by 100 °C. Bêre die beskuit in ’n lugdigte houer.

Nou wel nie met mos gemaak nie, maar smullekker, al is die suiker en botter heelwat minder.