Voorverthit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei. 

  • Meng die botter, suiker, heuning en melk in ’n kastrol oor matige hitte terwyl jy aanhoudend roer en verhit tot amper kookpunt. Laat die mengsel afkoel.
  • Roer die meel en bakpoeier in wanneer die vloeistof louwarm is.
  • Rol sowat 1 eetlepel deeg in ’n bal en druk plat. Herhaal met die oorblywende deeg en rangskik die koekies op die bakplaat. Bak 15 min. tot goudkleurig. Laat die koekies op ’n draadrak afkoel.