• Vulsel: Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie, knoffel en brandrissies tot sag. Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig.
  • Roer die tamatiepasta by en braai 1 min. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin.
  • Voeg die suiker, suur­lemoensap en boontjies by en braai 10 min of tot warm.
  • Geur met die sout en peper na smaak. Skep die maalvleismengsel uit en laat heeltemal afkoel.
  • Samoesas: Voeg ’n klein bietjie water by die koekmeel tot ’n pasta vorm. Skep ’n lepel vulsel in die hoek van een van die velle samoesadeeg. Smeer van die meelpasta om die kante en vou die samoesa in ’n driehoek tot heel bo. Seël die punte met nog meelpasta.
  • Herhaal met die res van die vulsel en deeg. Verhit die olie en diepbraai die samoesas in sarsies tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuis­papier.
  • Guacamole: Meng al die bestanddele en geur met sout en peper na smaak. Sit voor saam met die samoesas.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.