Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ses 18-20 cm-veerkoekpanne en voer dit met bakpapier uit.

  • Koek: Gebruik ’n hand­klitser of staafmenger en klits die botter en suiker saam tot lig en donsig.
  • Voeg die eierwitte biet-jies-bietjies by en klits tot goed ingemeng. Voeg die vanieljegeursel en suurroom by en meng goed.
  • Sif die droë bestanddele saam in ’n aparte bak. Voeg ’n koppie op ’n slag by die nat bestanddele terwyl jy kort-kort met 
    ’n bietjie melk afwissel. Klits op lae spoed tot glad.
  • Verdeel die beslag tussen 6 bakke en voeg ’n paar druppels kleursel 
    by elkeen. Vou die kleur liggies deur. Giet in die voorbereide bakpanne en bak 20-30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingesteek word. Laat 5 min. in die panne afkoel en plaas dan op ’n afkoelrak om heeltemal af te koel. 
  • Versiersel: Maak die basiese versiersel en verdeel die mengsel in die helfte. Voeg ’n paar druppels rooi koskleursel by die een helfte en sit eenkant. Sny die bokant van elke koek gelyk. Plaas 1 koek op ’n bord, smeer versiersel bo-op en plak nog ’n koek daarop vas. Herhaal met al die koeke. Smeer die rooi versiersel oor die bokant van die koek en bedek dan die kante. Verkoel in die yskas terwyl jy die ganache maak.
  • Ganache: Plaas die sjokolade en room in ’n glasbak en smelt 2 min. in die mikrogolf terwyl jy elke 30 sek. roer. Hou nog ’n minuut aan met roer om dit effens te laat afkoel voor jy dit versigtig oor die koek giet. Maak seker die ganache drup langs die kante van die koek af.
  • Vir versiering: Verdeel die plastiekversiersel in die helfte. Kleur die 1 helfte swart en die ander geel. Rol die swart uit op ’n oppervlak wat liggies met mielieblom bestuif is. Sny 2 Mickey Muis-vorms uit en sit in die yskas. Rol 2 groot balle met die geel, druk dit effens plat en vorm dit in ’n ovaal. Gebruik van die oorskietversiersel as gom en plak die 2 Mickey Muis-vorms bo-op die koek vas as ore en die geel voor die koek as voete. 
Basiese botterversiersel

Lewer genoeg om 1 standaardkoek mee te versier. 

Bestanddele

  125 g botter, versag
  250 g versiersuiker, gesif
  15-25 ml (3-5 t) melk
  5 ml (1 t) vanieljegeursel

Metode

Verroom die botter tot glad. Voeg die versiersuiker geleidelik by en klits tot die mengsel lig en donsig is.

Voeg ’n bietjie melk by om die mengsel ’n dik, smeerbare tekstuur te gee.

Klits die geursel in.