Lewer 1 brood
’n blikkie (410 g) geroomde suikermielies
2 eiers, geklop
5 ml (1 t) sout
60 g Stork Bake, gesmelt (verdeel in twee bakkies van 30 g elk)
60 ml (¼ k) warm melk
350 g óf 625 ml óf 2 ½ k bruismeel
2 ml (½ t) paprika
Plaas die suikermielies, eiers, sout, 30 g Stork Bake en melk in ’n bakkie en roer alles.
Meng die bruismeel en paprika in om ’n deeg te vorm.
Smeer ’n broodpan met gesmelte Stork, sprinkel dit met meel en skink die deeg in.
Bak teen 170 °C vir sowat 45 minute tot die deeg gerys het en ligbruin is.
Smeer die brood met die res van die gesmelte Stork om sy bokant sag te hou.
Wenk As jy eerder ’n soutbrood wil maak, kan jy die helfte van die oorspronklike hoeveelheid suikermielies vervang met gekapte swart olywe en die ander helfte met gekapte uie (’n halwe koppie van elk).
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET