Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n middelslag-broodpannetjie met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

  • Meng die meel, sout, paprika en brandrissie goed in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel daarvan. 
  • Klits die mielies, ­eiers, botter en melk saam in ’n ander bak tot goed gemeng en giet in die meelmengsel. Meng met ’n houtlepel tot net gemeng. Skep die beslag in die bereide broodpannetjie.
  • Vir afronding: Sny die ui in ringe en rang­skik op die broodjie. Bak 40-45 min. in die verhitte oond of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uitkom.
  • Laat die broodjie 10 min. in die pannetjie afkoel, keer uit en laat heeltemal afkoel. Sny in skywe en sit voor saam met botter en gerasperde kaas, indien verkies.

Wenk: Roer 200 g gebraaide spekstukkies, ’n hand vol gekapte grasuie of selfs ’n hand vol gekapte pietersielie by die beslag in vir ekstra geur.

Wat is ’n braai ­sonder mieliebrood? Maak ’n slag hierdie resep; dis hemels.