Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 2 klein broodpanne met kossproei

  • Meng die meel, neute, kruie, sout en bakpoeier in ’n mengbak.
  • Klits die jogurt, eiers en olyfolie saam. Voeg die pitmielies en kaas, indien gebruik, by.
  • Voeg dit by die droë bestanddele en meng goed deur.
  • Skep die beslag in die ­bereide panne en bak 25 min. of tot gaar en stewig.
  • Laat die brode afkoel, sny in snye en smeer met ons toebroodjiesmeer op die volgende bladsy of met suikervrye grondboontjiebotter. Geen botter is nodig nie.
 
Toebroodjiesmeer

Lewer: 500 ml (2 k)

Kook: 7-10 min.

Bereiding: 10 min.

Bestanddele 

12 hardgekookte eiers, fyngekap

200 ml laevet-mayonnaise 

sout en peper na smaak

  • Voeg by 

Indien verkies: 80 ml ( k) sterk kaas, gerasper; 3 agurkies, fyngekap; 15 ml (1 e) tamatiesous; 5 ml (1 t) aangemaakte mosterd; 1 gerookte worsie, fyngekap; 45-60 ml (3-4 e) gekapte ham, gaar spek, hoender of sardyne

Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker, pak die ekstras by wat jy verkies, en verwerk tot glad.

Bêre in bottels in die yskas.

Pak ook:

Vrugtestokkie met pynappel, druiwe en aarbeie    

ystee (sien kosblik 2)